Breekbare Wesens

Ds. Vanwyk Fischer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.

Advent het uiteindelik begin. Die jaar is verby en almal is besig om reg te maak vir hul vakansies. Advent is ook die tyd van die jaar waar ons terugdink aan 'n tyd toe daar nie 'n Jesus Christus was in die wêreld nie. Waar God gesien is as 'n Regter wat sou straf. Ons sien uit na die Goeie Nuus, die evangelie, dat Jesus wel gekom het.