Gasvryheid

Nov 1, 2022

Ons volgende seminaar handel oor Bybelse Gasvryheid. Christus is die volmaakte voorbeeld van en leermeester oor gasvryheid. Hoewel Hy “geen plek het om sy kop neer te lê nie”, het Hy gasvryheid voorgeleef. Niemand was meer ruimhartig of goedwillig as hy nie. Hy was so vol deernis teenoor die menigte wat na Hom kom luister het, dat hy eers vyfduisend en daarna vierduisend honger manne, met hulle vroue en kinders, gevoed het.


Dit word aangebied word deur Ds J I De Wet en begin en begin vannaand vir twee Dinsdae-aande, 01 en 08 November 2022 om 18:00 tot 20:00, in die konsistorie.