Redder God

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.

Die tema vir hierdie jaar in ons gemeente is - Die A,B,C en D's van Geloof. In hierdie jaar gaan ons dus stilstaan by die basiese boublokke van geloof en daardeur ons geloof te versterk. Die eerste tema dan vir die jaar is - A: Al ons sonde is vergewe. In die volgende paar weke gaan ons fokus op hoe ons sonde vergewe word, wat sonde is en hoekom die Here ons sondes vergewe.