Verlies en Rou (4)

Feb 27, 2022    Dr. Anine Fischer

Verlies en rou as ‘n Christen... Ongelukkig iets waarmee ons lidmate en elkeen van ons intens gekonfronteer was die afgelope twee jaar. Ons nooi u dus hartlik uit na ons Februarie Bybelstudie-seminaar, wat spesifiek daarop fokus om ons as gelowiges prakties te begelei in ons verliese (van welkere aard ookal), asook ons hartseer, rou of die hantering daarvan.

-Waar is God in my verlies en rou
-Die waarde van voorbereidheid op verlies en rou
-Praktiese hulpmiddels
-MY rou en verlies as Christen (pastoraal-praktiese oefening)