Welkom by ons lewensvaardigheidskamp vir tieners (Gr8-12) Met hierdie kamp beoog ons om tieners beter toe te rus vir die baie uitdagings waarmee hulle gereeld by die skool, die huis en in die samelewing gekonfronteer word. Oor die bestek van die naweek leer elke tiener sy of haar karakter en persoonlikheid so bietjie beter verstaan en behandel ons ook temas soos konflik, media en geloof. Natuurlik is daar ook hope tyd vir lekker kuier, saam fliek en lofprysing. Kontak ons gerus om so bietjie meer agtergrond oor die bedieningspan en aanbieding te kry.
Inpaklysie:
• Bordesak met volgende Eetgerei in. (mes, vurk, lepel, pap bakkie, bord, 9x papierborde, beler, koppie)
• Bordesak bevat ook: sponsie, afdroogdoek
• Water bottel
• Sonbrandroom
• Slaapsak
• Kussing
• Enkelbed laken (opsioneel)
• Hoed
• Swemklere
• Swem handoek
• Badhandoek
• Toiletware
• Klere insluitend - sweetpak en warm baadjie, kortbroeke en t hemde.
• Nagklere meisies asb geen kort nagrokke nie, pak n broek pak in asb
• Bybel
• Flits / koplig
• Plakkies
• Tekkies
• persoonlike chroniese medikasie (geen ander medikasie soos hoofpyn pille ens mag saam gebring word nie daar sal noodhulp wees)