Begrafnis

Hoe kan ons help?

Ons as Gemeente is saam met u hartseer oor die verlies wat u as gesin, familie en vriende in hierdie tyd beleef. U kan ons kerkkantoor by 079 162 1443 kontak. Dit is ons opregte voorneme om die dank-, rou- of begrafnisdiens so spesiaal moontlik te maak. Om dit te verwesenlik, is daar ongelukkig ‘n paar administratiewe reëlings wat getref moet word.
Ons as Gemeente bied die volgende spysenieringsdiens aan, waarvan u gebruik kan maak. Ons Gemeente voorsien alle kombuisware (koppies, pierings, kleinbordjies, glase ens.). Ons voorsien ook tee, koffie, ystee, suiker en melk. U is dan verantwoordelik vir enige verdere eet- en drinkgoed vir die geleentheid. U is welkom om van Uitkyk Vleis- en Supermark se dienste gebruik te maak soos in die “platter” lys vervat. Indien u van die opsie gebruik maak, word die aflewering van die produkte gratis gelewer. Kotie Oberholzer, die dame wat  verantwoordelik is hiervoor, sal u so spoedig moontlik kontak om die reëlings te finaliseer.