Silvertonkruin

erns met God / erns met mense / erns met jou

CMR SILVERPARK TOEBROODJIEPROJEK
Hierdie projek is al vir baie jare aan die gang en maak ‘n groot verskil in honger kindertjies se lewens!!! Dit word jaarliks toegeken aan verskillende hulpbehoewende organisasies. Hierdie jaar wil CMR Silverpark graag die projek toeken aan Huis Benjamin. Hulle benodig 40 toebroodjies per dag. Huis Benjamin is ‘n Huis van Veiligheid van die CMR Silverpark en word gefinansier deur ons gemeente en privaat donateurs. Indien jy dalk nog by dié projek betrokke wil raak, kontak gerus vir Martie Schoeman, ons koördineerder, by 082 573 8441.


SENIORBEDIENING
Ons seniors kom weer Woensdag, 22 Maart 2023 om 10:00, bymekaar vir ‘n kuieroggend. Ons wil graag al ons Seniors, maak nie regtig saak hoe oud jy is nie, uitnooi om in te skakel. As jy probleme het om daar te kom, of deel van die Whatsappgroepie wil wees, of vrae het, kontak gerus vir Louis Brittz (083 383 1262) of Dalena Hillebrand (082 889 5312). Sien uit om jou daar te sien!!!


KOEKIES VIR FONDSINSAMELING
Nannie Lombard en haar span by Nuwe Hoop Skool Ashley Gardens, bak dwarsdeur die jaar die heerlikste koekies as fondsinsameling vir die skool. Hier is jou kans, as jy nie self tyd of lus het om te bak nie. Terselfdertyd  ondersteun jy sommer ook ‘n wonderlike en broodnodige projek!!! Kontak gerus vir Nannie by 083 353 3800

COMPASSIONATE FRIENDS
Ons Compassionate Friends-groepie is ‘n ondersteuningsgroep vir ouers wat ‘n kind aan die dood moes afstaan. Hulle kom een maal ‘n maand, gewoonlik op die eerste Saterdag van die maand vanaf 10:00 tot 12:00, by die kerk bymekaar. Kontak gerus vir Lize Kok by 073 655 1638 indien jy of iemand wat jy ken ‘n behoefte het aan so ‘n ondersteuningsgroepie, Almal is hartlik welkom om dit by te woon.

Inligting

Eredienste - Sondae
Liturgiese Erediens (Afr) -  09:00
URCSA Eredienste (Eng) - 11:00
Kantoorure
Maandae - Vrydae
09:00 - 15:00 (079 162 1443)

Nuwe intrekker? Kontak ons

Voltooi hierdie vorm en ons sal binnekort in kontak kom met jou.