Hoe kan ek help?

Die Christelike Maatskaplike Raad

Die CMR is deur die N G Kerk in die lewe geroep, met die doel om die nood wat met armoede, drank- en dwelmmisbruik, gesinsgeweld, asook kinderverwaarlosing en -mishandeling gepaard gaan,  in ons gemeenskappe aan te spreek en sodoende, in vennootskap met die N G Kerk, die kerk se barmhartigheidsdiens te help bestuur en verlig. Daar is CMR-kantore op ons kerkperseel, wat deur twee voltydse maatskaplike werksters, asook ‘n maatskaplike werkster/administratiewebeampte bedien word. Tans voorsien die CMR kospakkies aan 55 gesinne en daar word daagliks nuwe gevalle aangemeld. Die CMR ontvang geen subsidies van die Staat nie en is verantwoordelik vir hulle eie fondsinsamelings, asook skenkings van die publiek.
Hierdie video is nie vir sensitiewe kykers nie.
Hulle doen wonderlike werk en lê ons BAIE na aan die hart!!! Daarom het ons die vrymoedigheid om gereeld te vra vir hulp en ondersteuning met hul behoeftes.

Op dié stadium benodig hulle die volgende:
Klerasie vir babas, kinders, volwassenes;
Alle beddegoed, wat insluit kussings, lakens, kussingslope, komberse;
Bederfbare, sowel as nie-bederfbare voedsel;
Kontant kan direk in hulle rekening inbetaal word:

Alle goedere kan by hulle kantore, op ons kerkperseel, afgelaai word. Die ingang is te Blomstraat.

Hulle kantoorure is Maandae tot Vrydae 08:00 tot 15:30.