Ons gee om

Silvertonkruin is ‘n baie hegte familie wat vir mekaar omgee en deel in mekaar se lief en leed. Daarom het ons ‘n gebedslys sodat almal kan deel in die vreugde van ‘n nuwe baba of ‘n nuwe swangerskap. Somtyds is daar egter ongelukkig ook pyn en lyding, asook hartseer, soos siekte en operasies, of die afsterwe van ‘n geliefde. Dis dan wanneer ons mekaar ondersteun en dra in ons gebede. Ons stel ook opreg belang in mekaar en wat ‘n heerlike verrassing as jy ‘n onverwagse oproep op jou verjaardag ontvang. Deline Janse van Rensburg sorg uiters pligsgetrou vir elke week se verjaardaglysie met die nodige kontaknommers by, sodat jy dalk ‘n oproep of twee op jou verjaardag kan ontvang of sodat jy dalk iemand met ‘n oproep kan verras!