Santa Shoe Box

Die jaar stap einde se kant toe en dit beteken dit is tyd vir ons Santa Shoe Box-projek vir Huis Silversig. Hoe help jy? Kry ‘n skoenboks of enige ander boks, vul dit met die onderstaande items, draai dit mooi toe, plak ‘n mooi versie of boodskap daarop en bring dit voor of op 28 November 2021 kerk toe. Op 05 Desember 2021 word dit dan DV vir die bejaardes in Huis Silversig uitgedeel. Daar is tans 112 bejaardes in Huis Silversig. Daar is 94  vrouens en 18 mans.
Onthou om jou boks te merk Dame (Pienk) of Man (Groen).
Items vir jou skoenboks:
1. Aquasroom
2. Badseep
3. Waslappie
4. Tandepasta
5. Tandeborsels
6. “Roll-on””
7. Eetgoedjies soos koekies, beskuit, ensovoorts (asseblief niks wat kan uitloop, soos sappies nie)
8. Enige ander item wat nuttig is vir bejaardes