Ek is nuut

Welkom

Is jy ‘n nuwe intrekker of wil jy graag by ons gemeente inskakel?
Laat ons asseblief toe om onsself, Silvertonkruin gemeente, aan jou bekend te stel.

Silvertonkruin is eintlik nie ‘n gemeente nie, maar eerder ‘n hegte familie, wat mekaar se belange op die hart dra, vir mekaar omgee, mekaar ondersteun en deel in mekaar se lief en leed en waar ALMAL welkom is!

God, die Vader, Jesus Christus sy Seun en die Heilige Gees, asook die woord van God, die Bybel, staan sentraal in ons gemeente se bediening en is ononderhandelbaar. 

Wanneer kom ons bymekaar?

Sondagoggende

09:00 - 10:15

Wat kan ek verwag?

Ons eredienste is gewoonlik so tussen 60 minute en 75 minute lank. In daardie tyd deel ons hoe dit met mekaar gaan. Tydens die diens, word 'n ruimte geskep vir ons kinders waarna hulle uitgaan om 'n boodskap wat op hulle vlak van toepassing is, te ontvang. Voel jy onrustig dat jou kinders moet uitgaan? Ontspan, ons kerkruimte is só ingerig dat daar 'n ruimte vir kinders in die erediens is.

Hoe moet ek aantrek?

Ons glo dat God se fokus nie op mense se kleredrag is nie, maar wel op die opregtheid van hulle hart. Of jy nou jou denim of jou kispak wil aantrek, jy is meer as welkom in ons erediens. 

Wat van die kinders?

Silvertonkruin se jongmense en kinders is die hartklop van ons gemeente en BAIE SPESIAAL!!! Hulle is ons toekomstige leiers op geestelike-, sekulêre-, korporatiewe- en sosialevlak en daarom word daar ook baie spesiale moeite met en vir hulle gedoen.
Ons kategese bestaan uit twee groepe:
Kruin-Kids is die naam vir ons junior kategese – graad 1 tot graad 6,
Kruin-Jeug is ons senior kategese – graad 7 tot graad 10.
Ons het ‘n uiters bekwame en toegewyde Kategetespan, onder leiding van Nardus Dodds, ons Kategesehoof en Suzette Marais, ons Kategese-sekretaresse. Hannes van Deventer, ons Teologiese student en Danèl Swart, ‘n student in Vroeë Kinderontwikkeling is verantwoordelik vir die skryf van ons kategesemateriaal, onderskeidelik die “Delf Dieper” en “Vir die Kleinspan”. Die Kategese word betrek by geestelike uitreike asook barmhartigheidsprojekte van die gemeente en daar word ook jaarliks ‘n paar prettige uitstappies en kampe vir hulle   gereël.

Enige ander vrae? Kontak ons

Ons wil graag van jou hoor. Voltooi die vorm om te begin.