Bid soos Jesus

Jan 25, 2022    Ds. Vanwyk Fischer

Vannaand gaan ons wegbeweeg van die "kop-teologie" af en werklik die vorige twee aande se beginsels op 'n praktiese wyse probeer implimenteer. Aan die hand van Johannes 17 gaan ons let op hoe 'n wyse Jesus self hierdie basiese boustene tot gebed gebruik het en daarna genoeg tyd inruim om dan ook dit op ons eie gebede toe te pas. Geniet die potgooi en gesels gerus saam in die komentaar afdeling.