E-Sondag

In Jaar A van die Revised Common Lectionary val die fokus op Matteus se verhaal van die kindermoord wat in opdrag van koning Herodes van stapel gestuur is, en die vlug van Jesus se ouers na Egipte. Die sleutelteks uit Jesaja sluit hierby aan deur eer te bring aan die Here wat in sy troue liefde sy volk uit hulle nood verlos het. Psalm 148 is ’n oproep aan die hele skepping, insluitend die regeerders van die aarde en alle volke, om die Here te loof. Die teks uit Hebreërs wys daarop dat dit wat Jesus gely het ’n bevestiging van sy solidariteit met God se mense is.

Die liturgiese kleur vir hierdie Sondag is steeds wit en goud soos met Kersfees.