Waar het dit begin?
INLEIDING:
Die gemeente Silverton het op 1 Julie 1945 tot stand gekom toe dit afgestig is van die gemeente Pretoria-Oos. Sedertdien is die gemeente Meyerspark van Silverton afgestig en Pretoria-Skuilkrans en Silverton Park van Meyerspark. Silvertonkruin is op 30 Junie 1975 van Silverton afgestig.
VERKRYGING VAN KERKGROND
Dr. C.F. v.d. Merwe (die skriba) bring dit onder die aandag van die kerkraad dat 'n groot stuk grond op die hoek van Blom- en Joseph Bosmanstraat nie meer as grond vir 'n laerskool gebruik sal word nie. Die kerkraad begin onmiddellik met onderhandelinge op die hoogste vlak en na volgehoue pogings word die grond in 1973 in die naam van die kerkraad geregistreer. Dit sou later blyk 'n besondere ingryping van God te wees.
13 MAART 1975
Die beplanningskommissie van die kerkraad van Silverton ontvang opdrag om op alle aspekte van die afstigting van 'n dogtergemeente in te gaan.
10 APRIL 1975
Die kerkraad van Silverton keur in beginsel die afstigting van 'n dogtergemeente goed.
15 EN 29 MEI 1975
Die kerkraad van Silverton keur afstigting finaal goed en besluit:

- dat van die drie leraarsposte twee na die dogtergemeente sal gaan; en
- dat die eiendomme binne die grense van die dogtergemeente as 'n bruidskat aan die dogtergemeente geskenk word tesame met 'n bedrag van R10 000,00.
- dat die leningskuld op die vyf erwe in Joseph Bosmanstraat na die dogter-gemeente oorgedra word.
Silvertonkruin kom tot stand.
5 JUNIE 1975
Onder leiding van die Ringsvoorsitter, ds. P.K. Mentz, vind die stigting van die nuwe gemeente plaas. Die vergadering van gemeentelede besluit dat:
Die nuwe gemeente Silvertonkruin kom tot stand. Eredienste word in die kerksaal van die gemeente Silverton gehou.
3 JULIE 1975
Ds. P.K. Mentz en ds. A.J. Scherrer van die gemeente Silverton word beroep op 'n vergadering wat deur ds. C.J.S. Botha gelei is.

- die naam van die nuwe gemeente Silvertonkruin sal wees:
- die nuwe gemeente uit veertig wyke, dus tagtig kerkraadslede, sal bestaan;
- die gekose kerkraadslede op Sondag 6 Julie 1975 bevestig sal word; en
- die beroeping van twee leraars op Sondag, 13 Julie 1975 sal plaasvind.
- ds. A.J. Scherrer word as eerste konsulent deur die Ringskommissie benoem.
Die nuwe gemeente Silvertonkruin kom tot stand. Eredienste word in die kerksaal van die gemeente Silverton gehou.
3 JULIE 1975
Ds. P.K. Mentz en ds. A.J. Scherrer van die gemeente Silverton word beroep op 'n vergadering wat deur ds. C.J.S. Botha gelei is.

Om 'n Kerk te bou!
14 JULIE 1975
Die eerste kerkraadsvergadering vind plaas. Die kerkraad keur goed dat die lening van R24 000,00 wat deur die gemeente Silverton by die kerkkantoor op die kerkerwe gehou word, oorgeneem word.
2 AUGUSTUS 1975
Di. P.K. Mentz en A.J. Scherrer word ontvang en bevestig as eerste leraars van die gemeente.
22 AUGUSTUS 1975
Berig is ontvang dat al die eiendomme van die gemeente in haar naam geregistreer is.
9 SEPTEMBER 1975
Die kerkraad gee opdrag aan die Beplanningskommissie om so gou moontlik te vergader met die oog op die beplanning van die gemeente.
11 FEBRUARIE 1976
Die firma Paul J. du Plessis en van Wyk word as argitekte aangestel. 'n Kleiner komitee van die Beplanningskommissie word aangewys om die kerkkompleks saam met
die argitek te beplan.
11 MAART 1976
Aangesien die kerksaal van die gemeente Silverton nie voldoende voorsiening maak vir die huidige en verwagte toekomstige behoefte aan sitplek tydens eredienste en
kategese nie word besluit om die eredienste en kategese vanaf 1 June 1976 in die skoolsaal van die Silvertonse Laerskool te hou.
8 APRIL 1976
Goedkeuring is van die Transvaalse Landbou-unie ontvang om die Louis Bühr-mansaal vir kerkraadsvergaderings en sustersbyeenkomste te huur. Die eerste sketsplanne van die kerkkompleks word deur die kerkraad goedgekeur. Die kerk en saal maak voorsiening vir ongeveer 950 sitplekke.
30 JUNIE 1976
Die skuld op die kerkerwe word afgelos.
12 AUGUSTUS 1976
Die firma Malan en Kritzinger word as bourekenaars aangestel. Die kerkraad besluit dat tenders vir die oprigting van die kerkkompleks aangevra sal word.
'n Boukommissie word aangestel: B.R. du Plessis (voors.), S.J. Kritzinger (later voors.), D.J. Fourie, P.J.R. le Aoux, C.F. v.d. Merwe, Di. P.K. Mentz en A.J. Scherrer.

Fokus op God
Silvertonkruin is sterk gevestig in die tradisie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (N.G.K.). In hierdie tradisie staan die verkondiging van die Bybel - die Woord van God - sentraal.
Dit bereik ons deur die weeklikse eredienste wat op 'n Sondag plaasvind, wat gepaardgaan met programme vir kinders. Ons bied ook Bybelstudies aan, sodat ons die konteks van die Bybel beter kan verstaan.

Fokus op mense
'n Baie sterk gedeelte van ons identiteit is ons fokus op mense. Die aard van ons gemeente is gefokus op die mense in die gemeente. Ons wil graag weet hoe dit met jou gaan, wat jou toekomsplanne is, hoe jy God beleef en hoe jy jou geloof beoefen, sodat ons jou kan ondersteun, opbou en jou geloofspad saam met jou kan stap.
Om dit te kan doen, het ons 'n uitstekende Gasvryheidspan wat jou Sondae welkom heet by die deur en seker maak dat ons leraarspan by jou kan uitkom, indien jy 'n nuwe intrekker is. Ons Gasvryheidspan sorg ook vir die tee na elke erediens. Wat probeer ons sê? Ons hou daarvan om te kuier.

Fokus op jou
Ons is ook bewus daarvan dat geloof privaat is. Daarom is ons gemeente daarop gefokus om elke lidmaat in ons gemeente te bemagtig met die toerusting wat hulle nodig het om te groei in hul geloof. Die reis begin alreeds by die Doop.
Ons fokus is dus op die geestelike groei van elke lidmaat. Hiermee help ons E-Kerk, wat iets bied vir elke lidmaat in ons gemeente.
Lees dit gerus.

Wees deel van ons storie
Skakel in by ons eredienste wat op 'n Sondag om 08:45 plaasvind.
Voltooi die vorm sodat ons jou kan kontak.