Sonder om doekies om te draai

Hierdie Bybelstudie fokus op die boek Jakobus en kyk hoe Jakobus sy verstaan van Jesus baseer op dit wat ons in die Ou Testament se Wysheidsliteratuur kry, veral uit Spreuke.
Ons ondersoek ook Jakobus se twaalf preke aan die hand van Jesus se bergrede in Matteus
en vra die vraag of hierdie preke steeds relevant is vir vandag.
Laai gerus die PowerPoint-aanbieding af en kyk tot watter gevolgtrekking jy kan kom met die boek van Jakobus.