Huwelike

Wat moet ek doen?

Voornemende huwelikspaartjies, wil julle graag hê Ds Vanwyk Fischer moet julle in die huwelik bevestig? Kontak dan so spoedig moontlik die kerkkantoor om julle beplande huweliksdatum in sy dagboek aan te teken en die nodige administratiewe reëlings aan julle deur te gee.
Kontakbesonderhede:
Telefonies – 079 162 1443
e-pos: admin@silvertonkruin.com
Kantoorure:
Maandae tot Vrydae – 09:00 tot 16:00

Wat het ek nodig?

Daar sal twee huweliksgesprekke, van een uur elk by die kerk, tussen julle en Ds Fischer plaasvind om julle seremonie so persoonlik en toepaslik moontlik te beplan. Die Administratiewebeampte sal die nodige afsprake met julle reël.

Julle moet asseblief die volgende dokumentasie met die eerste gesprek saambring:

Voornemende Huwelik vorm