Die Span

Ds. Vanwyk Fischer

Leraar

Vanwyk is die leraar van die gemeente. Hy is verantwoordelik vir die pastorale versorging van lidmate, deur middel van huisbesoeke, hospitaalbesoeke, pastorale gesprekke, eredienste en Bybelstudies.
silvertonkruin@absamail.co.za

Dr. Anine Fischer

Gesinsbediening

Anine is verantwoordelik vir die gesinsbediening van die gemeente. Sy neem verantwoordelik vir die daarstel van geskikte Sondagskool materiaal vir die Kinderkerkbediening, asook die pastorale versorging van al ons gesinne.
aninefischer@gmail.com

Manda Booyse

Administrasie

Manda is die administratiewebeampte van Silvertonkruin.  Haar pligte behels al die administrasie van die gemeente, wat die neem van notules op kerkraadsvergaderings, tik van verslae en alle korrespondensie, asook die byhou van die personeel se verlofregisters en die leraars se dagboeke insluit. Sy bestuur ook die lidmaatregister van ons gemeente.
silvertonkruin@absamail.co.za

Kotie Oberholzer

Gemeentebestuur

Kotie is die gemeentebestuurder, asook die voorsitter van Silvertonkruin se Kerkraad. Sy is as't ware die gom wat die gemeente bymekaar hou. Sy bestuur die algemene werkers van die gemeente en bestuur ook die gebruiksvoorraad van die gemeente, asook die uitverhuring van die gemeente se geboue en fasiliteite.
kotieober@telkomsa.net

Werner Schnetler

Personeelbestuur

In sy hoedanigheid as Ondersteuningsdienste-ouderling, is Werner verantwoordelik vir die instandhouding van die gemeente se geboue en fasiliteite. Hy bestuur ook die dienskontrakte van al die personeel in die gemeente.