Van erediens tot erediens 

Vind hier die die mees onlangse erediens, Maandag–Vrydag-oordenkings, Bybelstudies en ander hulpmiddels wat jou geloofslewe deur die week verdiep.

Verdiep verder  

Die Woord wat ons Sondag ontvang, vergesel ons deur die week. Gebruik die oordenkings, Bybelstudie en gesprekshulpmiddels om verder te luister, te bid en saam te groei. 

Daaglikse oordenkings

’n Praktiese geloofsbron vir gesinne en individue wat die afgelope Sondag se boodskap deur die week verder wil leef. Die kort oordenkings, Skriflesings, gespreksvrae en gebede kan van Maandag tot Saterdag vir huisgodsdiens of persoonlike stiltetyd gebruik word. 

Bybelstudie

’n Deeglike historiese, literêre, eksegetiese en teologiese studie van die week se Skrifgedeelte. Hierdie bron is bedoel vir gelowiges en Bybelstudiegroepe wat die teks op ’n meer diepgaande en akademiese vlak wil ondersoek, met besondere aandag aan die gereformeerde tradisie en teologiese gesprek. 

Kyk terug

Besoek ons argief vir vorige eredienste, preekreekse en toerustingsmateriaal wat steeds gebruik kan word vir persoonlike verdieping, huisgodsdiens of kleingroepe.