Hoe ons saam dien
Elke bedieningsbaan het ’n eie fokus, maar werk nooit los van die ander nie. Saam help hulle ons om rondom die Woord te leef, mense te versorg, die gemeenskap te dien en die gemeente verantwoordelik te ondersteun.
Woord en erediens
Hierdie bedieningsbaan dra die gemeente se aanbidding, verkondiging en geloofsvorming. Dit sluit eredienste, musiek, liturgie, tegniese ondersteuning, kategese en toerusting vanuit die Woord in.
Gebed en pastoraat
Hierdie bedieningsbaan help die gemeente om ’n biddende en versorgende geloofsgemeenskap te wees. Dit sluit gebedsbediening, pastorale begeleiding, besoeke, kleingroepe, seniors en ondersteuning in tye van nood en verlies in.
Getuienis en barmhartigheid
Hierdie bedieningsbaan help ons om Christus se liefde sigbaar in die gemeente en gemeenskap uit te leef. Dit sluit uitreik, Maatskaplike Dienste, praktiese hulp en geleenthede vir lidmate om diensbaar te wees in.
Rentmeesterskap en steun
Hierdie bedieningsbaan versorg die hulpbronne en ondersteuningsdienste wat die gemeente se bediening moontlik maak. Dit sluit finansies, offergawes, administrasie, fasiliteite, kommunikasie en verantwoordelike bestuur in.

Van erediens tot erediens
Ons kom Sondag rondom die Woord bymekaar. Deur die week word ons gevorm, versorg en gestuur om te dien. Alles vloei weer saam wanneer ons die volgende Sondag as Christus se gemeente vergader.
Aanbid → Groei → Versorg → Dien → Kom weer saam
Aanbid → Groei → Versorg → Dien → Kom weer saam
