Toerusting vir elke lewensfase
Kies die toepaslike ouderdoms- of graadgroep vir hierdie week se materiaal, praktiese inligting en hulpbronne vir ouers.
Voorskool
’n Veilige, vreugdevolle ruimte waar jong kinders die Bybel se verhale leer ken en ontdek dat hulle deel van God se familie is.
Graad 1 tot 3
Kinders ontdek die groot verhaal van die Bybel deur verhale, gesprekke en eenvoudige geloofsgewoontes.
Graad 4 tot 6
Kinders word gehelp om die Bybel beter te verstaan, vrae te vra en hulle geloof prakties uit te leef.
Graad 7 tot 10
Jongmense gesels eerlik oor geloof, identiteit, verhoudings en die uitdagings van hulle leefwêreld.
Jongvolwassenes
’n Ruimte vir geloofsgesprek, gemeenskap en toerusting vir jongmense wat hulle plek in die kerk en wêreld ontdek.
Huisgeloof
Huisgeloof bied eenvoudige gesprekke, gebede en hulpmiddels wat gesinne help om geloof ook tuis saam te leef.
Praktiese inligting vir ouers
Ons wil dit vir gesinne maklik maak om deel te word, die regte groep te vind en die week se materiaal tuis verder te gebruik.
Sondagoggend
Ons kinders en jongmense kom op Sondagoggende tydens die erediens in hulle toepaslike groepe bymekaar. Enige uitsonderings of besondere reëlings word vooraf gekommunikeer.
Registrasie
Is julle nuut by Silvertonkruin? Registreer jou kind sodat ons die regte groep, materiaal en kommunikasie met julle kan deel.
Vrae of ondersteuning
Het jy ’n vraag oor ’n groep, die week se materiaal of jou kind se betrokkenheid? Suzette Marais, ons kategesehoof, help graag.
