E-Sondag

Albei die Johannestekste verwys daarna dat ons in God bly en God in ons. 1 Johannes 4 beklemtoom daarmee dat ons in God se liefde bly en God se liefde in ons. Handelinge 8 wys vir ons hoe hierdie liefde in aksie lyk en dat dit almal insluit. Psalm 22 sluit aan by Handelinge 8 in die sin dat God oor alle volke heers en dat alle volke Hom eendag sal dien.