Delf Dieper

Hierdie gedeelte tot die Kruin-o-gram is spesifiek gemik op die jongmense, die tieners in ons gemeente. Hier daag ons, ons tieners uit om op drie vlakke te groei in hul geloof - 1) vir mekaar, 2) na God, 3) en na mense daar buite. Die doel van Delf dieper is dat ouers en tieners saam kan praat oor die Skriflesing aan die hand van die boonste oordenking, sodat die hele gesin tot ‘n nuwe verstaan kan kom van die Bybel. Wanneer die gesin dus weer bymekaar kom, vra die volgende vrae vir mekaar en sien hoe die Gees van God in jou gesin beweeg.
  1. Na mekaar
    1. Hoe gaan dit met jou hierdie week?
    2. Wat is jou planne vir die vakansie?
    3. Wat soek jy graag vir Kersfees?
  2. Na God
    1. Lees hierdie week Filippense 1:3-11
    2. Wat val jou op wanneer jy hierdie gedeelte lees?
    3. Wat sê hierdie gedeelte oor God?
  3. Na mense
    1. Maak nie saak waarmee jy besig is nie, weet dat die Here ‘n plan met jou het. Hy sal jou nooit verwerp nie en nooit los nie.