God van die duister

'n Bybelstudie oor ons verstaan van God

Die God van die Ou Testament

Hierdie week staan ons stil by die ooglopende verskille tussen die Godsbeeld van die Ou Testament en die Nuwe Testament. Ons plaas dan die Ou Testament binne sy historiese konteks en vinduit oor die oorsprong van die Hebreeuse woord oor God - YHWH.

Laai die volledige PowerPoint hier onder af.

Is God manlik?

Het God geslag? Hierdie week hanteer ons 'n vraag wat ontstaan het met die feministiese oplewing in die 20ste eeu. Naamlik die geslagtelikheid van God. Om dit te doen kyk ons na verskeie beelde van God in die Ou Testament. Hierdie beelde is ondere andere - God as Koning, God as 'n eggenoot en God as Vader. Ons kyk ook na die Hebreeuse woord Abba (Vader) en kyk ook na van die vroulike beelde van God in die Ou Testament. Is God manlik? Het God geslag?

Is God wreed?

Hierdie week staan ons stil by vier ongemaklike tekste in die Ou Testament. Ons kyk na God se dade in die verhaal van Abraham en Isak. Ons sien die afwesigheid God raak in die verhaal van Jefta se dogter. Uiteindelik wonder ons hoekom God geworstel het met Jakob, asook hoekom wou die Here Moses doodmaak net na dat Hy Moses geroep.  

Is God wreed? Of is daar iets anders in hierdie tekste aan die gang?

God die kryger

Hierdie week kyk ons na 'n brutale God. Die God wat in boeke soos Joshua, Deuteronomium en Eksodus optreƫ soos 'n koning wat oorlog voer met ander nasies. God verhard die harte van Sy vyande en verwag van die Israeliete op almal voor die voet uit te moor. Hoe is hierdie God relevant tot ons vandag? Hoe is hierdie die God van liefde wat ons in die Nuwe Testament kry?
Vind uit saam met ons in hierdie week se Bybelstudie - God die kryger. 

God & Sonde

Die mensdom is gebroke, vol foute en ons moet dit elke dag erken. Hoekom is dit so? Het God ons so gemaak? Is God net bloot die poppemeester van die heelal? Hierdie week staan ons stil by die tema - God en sonde. Die vertrekpunt van hierdie week se Bybelstudie is natuurlik dan die Sondeval in Genesis 3. Ons kyk na Genesis 3 en watter verstaan van God dit in ons aan wakker. Verder delf ons ook in die tema van vrye wil in.

God & Geweld

In ons laaste Bybelstudie in die reeks, God van die duister, kyk ons na alles wat ons in die laaste ses weke behandel het. Ons sien die oorsprong van die woord YHWH, vra of God manlik of vroulik is? Kyk na die tekste in die Ou Testament wat ons ongemaklik maak en laastens kyk ons na die verhaal van Kain en Abel ... Hoe verstaan ons God teen die agtergrond van geweld? Hoe lyk God in Genesis 4?