SO moet julle bid ...

Onse Vader | Deel 01

Baie welkom by ons nuwe Bybelstudie, vir die volgende ses weke staan ons stil by een plek in die Bybel - Matteus 6. In hierdie Bybelstudie gaan ons leer hoe om te bid, deur middel van die gebed wat Jesus vir sy dissipels geleer het.

Hierdie week vra ons die vraag - Wat is gebed? En wat dit beteken as die Onse Vader gebed begin met die woorde - Ons Vader ... 

Ons Vader wat in die hemel is | Deel 02

In hierdie week se Bybelstudie staan ons stil by die eerste reël in die Onse Vader gebed. Ons vra die vraag wat dit beteken as ons sê Vader. Hierin maak ons gebruik van ons kennis oor Godsbeeld wat ons geleer het in die vorige Bybelstudie - God van die duister. Ons sien uiteindelik dat dit te doen het met die huishouding van die eerste eeuse Palestynse wêreld. Verder kyk ons na die genre waarin in die gebed val en ons kyk na die oorgrootte struktuur van die gedig. Hierdie vorm dan uiteindelik die fondasie hoe ons die gebed vorentoe gaan hanteer.

Laat U naam geheilig word | Deel 03

Laat U naam geheilig word, laat U Koninkryk kom ... Watter verband het dit met mekaar? Hoe moet ons hierdie twee frases verstaan? Dit is wat ons in die week se Bybelstudie bespreek. Ons vra mekaar wat beteken God se naam? Hoe moet ons 'heilig' lewe? Hoe kom die Koninkryk van God? 

Laat U wil geskied | Deel 04

Laat U wil geskied ... Wat is die wil van God? Hoe lyk hierdie wil? Dit is wat ons in hierdie week se Bybelstudie bespreek. Was dit God se wil dat Jesus moes sterf? Hoe moet ons God se wil in ons alledaagse lewe verstaan? En watter betrekking het God se wil op God se Koninkryk? Vind uit in hierdie week se Bybelstudie. 

Ons daaglikse brood | Deel 05

In hierdie week se Bybelstudie gaan ons 'n tree verder. Ons beweeg uiteindelik in die tweede helfte van die Onse Vader en sien hoe die hemelse verstaan van God, die evangelie, op ons van toepassing is. Ons sien hoe God voorsien en hoe hierdie voorsiening nie uitgebuit mag word nie.

Laat ons nie in die versoeking kom nie | Deel 06

In ons laaste Bybelstudie in die reeks van SO moet julle bid, sluit ons af met die klimaks van die gebed. Ons vra die vraag oor versoeking. Wat is dit? Hoe lyk dit? En hoekom verwag God van ons om in die versoeking in te gaan? Ons leer uiteindelik uit die lewe van Jesus dat versoeking in die Matteus evangelie 'n bepaalde betekenis het. Wat is hierdie betekenis? Vind uit saam met ons.