Jou lewe is nie jou eie nie

Ds. Vanwyk Fischer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.

Hierdie Novembermaand is ons besig met die reeks - Die wildernis in. In die reeks wil ons spesifiek vir al ons finalejaar katkisante wat Belydenis van geloof aflê die vaardighede gee om hul eie geloof te toets en te meet aan die beginsels wat ons die volgende vier weke gaan deel. Ons kyk hierdie week spesifiek na ons eie foute en hoe ons daaruit kan leer. Hierdie reeks word saam die Great Colab.-groep gedoen. Om meer van hulle te leer gaan kyk na hul Youtube-kanaal.