Ons is minderjarig

Dr. Anine Fischer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.

Jesus Christus is gebore, Advent is verby en Epifanie het begin. In hierdie tyd dink ons na oor God se reddende krag in wêreld en dink aan Sy opofferende liefde. Hoe leef ons hierdie gedagtes uit? Hoe sien ons God raak in ons alledaagse lewe? Vind uit saam met ons.