Connect

Wat is Connect?

Connect is die jongmense van die gemeente se omgeegroep.
Hulle kom elke Donderdagaand om 19:00 bymekaar om te praat oor hul geloof, hul drome en wat in hul lewens aan die gang is.
Hannes van Deventer neem leiding in die groep en bemoedig elke jongmens in hul geloof deur middel van kort oordenkings, aanbiddingsoomblikke en gesprekke oor geloof.

Wie kan Connect bywoon?

Connect is spesifiek gemik op die jongmense van die gemeente en dien as 'n skakel vir die wat hul belydenis van geloof afgelê het
en nog steeds iewers 'n geloofstuiste soek.
Dit wil sê Connect is vir enige iemand tussen die ouderdom van 17 tot 25. 

Ek wil by Connect inskakel

Wonderlike nuus! Voltooi die onderstaande vorm en Hannes sal jou binnekort kontak