Volmaakte Voorsiening
Dr. Anine Fischer
Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.
Waaroor is jy bekommerd? Is dit jou finansies? Is dit jou skoolwerk? Is dit jou familie of eggenoot? In ons Skriflesing leer ons vanoggend dat ons nie op ons bekommernisse moet fokus nie, maar op God, die Een wat die hele Skepping instand hou. Kom ervaar God se volmaakte voorsiening vanoggend.
