Volmaakte Toerusting
Ds. Vanwyk Fischer
Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.
In ons teksgedeelte vanoggend staan ons stil by een van die laaste briewe wat Paulus geskryf het. 'n Brief wat volgens Paulus die basiese eienskappe van ons geloof behels. Een van hierdie eienskappe is die Bybel. Wat is die Bybel? Wat is die Woord van God? En hoe moet Timoteus dit verstaan? Vind uit saam met ons in vanoggend se erediens.
