Gebalanseerde Genade

Ds. Vanwyk Fischer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.

Ons lewe in 'n samelewing waar dit baie moeilik is om ons eie swakhede te erken, want as ons dit doen is ons kwesbaar. In ons Skrifoordenking leer ons iets Paulus besef het toe hy persoonlik aan gevat is deur die gemeente van Korinte. Paulus het besef dat daar 'n sondige, swak Paulus was en dat daar ook 'n Paulus is wat verheerlik is deur God. Hoe help hierdie besef ons om die komplekse wêreld waarin ons leef te navigeer?