Diensbare Genade

Ds. Vanwyk Fischer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.

Hierdie Sondag staan ons stil by twee dames wat baie sterk leiding geneem het in die gemeente van Fillipi. In hierdie gedeelte is die fokus op blydskap en dat hierdie twee vrouens hul blydskap in die evangelie verloor het. Is jy opgewonde oor die evangelie? Is jy passievol oor jou geloof?