Byt vas ...

Hannes van Deventer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Hierdie is 'n besonderse diens, omdat hierdie die proefpreek van ons teologiese student, Hannes van Deventer, is.

In hierdie week se erediens word ons aangemoedig om aan te hou in ons geloof. Te midde van COVID-19 en die verswakte ekonomie is dit soms moeilik om God se handewerk in die wêreld te sien. Met die gemeente in Filadelfia was dit ook so. Die skrywer van Openbaring wil hul bemoedig en versterk in hul geloof. So ook wil ons almal wat hierdie boodskap sien bemoedig en versterk in hulle geloof.