In goeie geselskap

Ds. Vanwyk Fischer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag u die genade en vrede van Jesus Christus, ons Here, in hierdie erediens ervaar.

In hierdie vreemde gedeelte in Matteus sien ons dat Jesus in gesprek treë met beide Moses en Elia. Albei groot profete in die geskiedenis van die Jode. In ons erediens vanoggend vra ons hoekom hierdie gebeurtenis so belangrik is en wat dit vandag vir ons beteken.