Vuur & flam

Ds. Vanwyk Fischer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag die genade en vrede van Christus by u wees tydens hierdie erediens.

In hierdie week se erediens word ons aangemoedig om in totale oorgawe te leef vir God. Ons geloof mag nie 'koud' wees nie, maar moet aange'vuur' word deur die leiding van die Heilige Gees, wat kragtig in ons lewens werk. Lewe jy vuur en flam vir Jesus Christus, ons Here?