Ons daaglikse brood
Hannes van Deventer
In hierdie week se Bybelstudie gaan ons 'n tree verder. Ons beweeg uiteindelik in die tweede helfte van die Onse Vader en sien hoe die hemelse verstaan van God, die evangelie, op ons van toepassing is. Ons sien hoe God voorsien en hoe hierdie voorsiening nie uitgebuit mag word nie.
