Laat ons nie in die versoeking kom nie
Hannes van Deventer
In ons laaste Bybelstudie in die reeks van SO moet julle bid, sluit ons af met die klimaks van die gebed. Ons vra die vraag oor versoeking. Wat is dit? Hoe lyk dit? En hoekom verwag God van ons om in die versoeking in te gaan? Ons leer uiteindelik uit die lewe van Jesus dat versoeking in die Matteus evangelie 'n bepaalde betekenis het. Wat is hierdie betekenis? Vind uit saam met ons.
