God & Sonde

Hannes van Deventer

Die mensdom is gebroke, vol foute en ons moet dit elke dag erken. Hoekom is dit so? Het God ons so gemaak? Is God net bloot die poppemeester van die heelal?

Hierdie week staan ons stil by die tema - God en sonde. Die vertrekpunt van hierdie week se Bybelstudie is natuurlik dan die Sondeval in Genesis 3. Ons kyk na Genesis 3 en watter verstaan van God dit in ons aan wakker. Verder delf ons ook in die tema van vrye wil in.