God van die duister
Jun 7, 2020 • Elizka Jacobs
Wie is God? Hoe lyk God? Is God manlik? Is God wreed? Wat beteken dit wanneer ons sê God is Almagtig, alwetend en orals? Is die God van die Ou Testament anders as die God van die Nuwe Testament?
Hierdie is alles vrae wat ons gaan bespreek in ons ses weke lange studie oor die God van die duister. Die God wat ons baie van weet, maar tog amper niks van weet nie.
